# Rugby: Suid-Afrika het Ierland verbygesteek en is nou tweede op die wêreldranglys ná hul oorwinning van 30-22 oor Australië in Kaapstad in die tweede ronde van die Rugbykampioenskap. Nieu-Seeland is steeds eerste ondanks hul nederlaag van 29-23 teen Argentinië in Buenos Aires. Dit was die Pumas se eerste toets-sege oor die All Blacks op hul tuisveld. Nieu-Seeland moes met minstens 15 punte verloor het om die Bokke die eerste plek terug te besorg. Frankryk is vierde en Engeland vyfde.
Rugby: Springbokke skuif op na tweede plek op wêreldranglys na sege oor Wallabies