# Die GOOD-party sê die Stad Kaapstad pak weer die blaam in verband met die Dial-a-Ride-diens op die nasionale regering, in plaas daarvan om ‘n oplossing vir sy eie ondoeltreffendheid te vind. Die metro sê die diens is oorlaai en hy kan nie aan die behoeftes voorsien nie weens die jaarlikse begroting van 28,2-miljoen-rand wat nie die huidige bedryfskoste van 40-miljoen-rand dek nie. Roscoe Palm van GOOD sê die metro moet ophou om verskonings voor te hou en moet sy verantwoordelikheid begin nakom om sy kwesbaarste inwoners te beskerm en te bemagtig:
GOOD-party sê Kaapstad moet oplossings vind en nie die skuld op ander pak nie [KLANK]
ENG RoscoeonRestoration