Skip to content

SANW ontken generaal Maphwanya minag minister Motshekga se bevele [KLANK]

# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het bewerings ontken dat sy hoof, generaal Rudzani Maphwanya, die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, minag. City Press berig dat Maphwanya onderneem het om kolonel Eugene Motati weer aan te stel – teen Motshekga se bevel ingevolge die Weermag-ombudsman se bevindings. Motati is in September 2019 oneervol ontstlaan weens aantygings van seksuele teistering deur ‘n SABC-joernalis. Die woordvoerder van die weermag, Prince Tshabalala, sê die bewerings oor Maphwanya is misleidend:

ENG TshabalalaOnAllegations