# Rugby: Die Springbok-stut, Asenathi Ntlabakanye, het positief getoets vir ʼn verbode middel en is gevolglik uitgelaat vir die komende toer na Nieu-Seeland. Die 26-jarige speler het positief getoets by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport. Ntlabakanye ontken dat hy ʼn oortreding begaan het. SA Rugby sê Ntlabakanye het op relevante mediese raad staatgemaak en wou op geen stadium onregmatig voordeel trek nie. Hy het ook geen mediese middels geneem sonder om vooraf goedkeuring te kry nie.
Rugby: Bok-stut Ntlabakanye toets positief vir ’n verbode middel