Skip to content

Rugby: Bokke wil Wallabies met ondervinding uitoorlê

# Rugby: Die Springbokke sal staatmaak op hulle meer ervare spelers om die wedstryd te beheer wanneer hulle die Wallabies in die tweede ronde van die Rugbykampioenskap in Kaapstad aandurf. Die Bokke se hoofafrigter, Rassie Erasmus het tien veranderings vir vanmiddag se herontmoeting aangebring. Een van die belangrike veranderings is Handré Pollard wat Manie Libbok op losskakel vervang. Die losvoorspeler Jean-Luc du Preez kry vir die eerste keer in sewe jaar ʼn plek in die opdrafspan wanneer hy die beseerde Siya Kolisi op agsteman vervang.