# Krieket: Suid-Afrika het die reeks van drie eendagwedstryde teen Australië beklink met nog ‘n indrukwekkende oorwinning in die tweede kragmeting in Mackay. Aiden Markram het die loot gewen en besluit om te kolf, en Suid-Afrika is vir 277 uitgeboul na Matthew Breetzke se 88 en Tristan Stubbs se 74. Adam Zampa het drie paaltjies geneem. Australië het sy laaste paaltjie verloor op 193 nadat Lungu Ngidi vyf slagoffers geëis het, wat die Proteas ‘n oorwinning met 83 lopies besorg het. Die laaste wedstryd word Sondag gespeel, ook in Mackay.
Krieket: Suid-Afrika beklink eendagreeks teen Australië met een wedstryd oor