Skip to content

VN-gesteunde verslag bevestig die eerste keer hongersnood in Gaza-stad

# ‘n Voedselsekerheids-liggaam gesteun deur die Verenigde Nasies sê hongersnood is die eerste keer bevestig in Gaza-stad en omstreke. Die Integrated Acute Food Security body, IPC, sê meer as ‘n half-miljoen mense ondervind hongersnood, armoede en dood wat na verwagting volgende maand na omliggende dorpe sal uitbrei. Israel se Ministerie van Buitelandse Sake het die verslag verwerp en sê daar is geen hongersnood in Gaza nie. Die hoof van die VN, António Guterres, het die krisis as ‘n mensgemaakte ramp beskryf en onbeperkte humanitêre toegang tot Gaza gevra.