# Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hulle sal dadelik onderhandelings hervat vir die vrylating van gyselaars en vir die einde van die oorlog, maar op voorwaardes wat vir hulle aanvaarbaar is. Dit is die eerste keer dat hy gereageer het op ‘n tydelike wapenstilstandvoorstel van Egipte en Kataar wat Maandag deur Hamas aanvaar is. ‘n Israelse amptenaar sê die land sal onderhandelaars na onderhandelings stuur sodra ‘n vergaderplek vasgestel is. Reuters berig egter dat Netanyahu vasberade is om planne goed te keur vir die vernietiging van Hamas en die oorname van Gaza-stad.