# Krieket: ‘n Indrukwekkende boulaanval het Australië gehelp om op koers te bly om die reeks van drie eendagwedstryde teen Suid-Afrika gelykop te maak. Die gasheer het die besoekers uitgeboul vir 277 in die tweede kragmeting in Mackay. Die Proteas se kolfbeurt is gebou op stewige vyftigtalle deur Matthew Breetzke met 88 en Tristan Stubbs met 74 na ‘n swakkerige begin. Australië se boulers het teruggeslaan met Adam Zampa wat drie paaltjies laat kantel het en Marnus Labuschagne twee.
Krieket: Australië boul Suid-Afrika uit vir 277 in tweede eendagwedstryd