# Tennis: Jannik Sinner begin sy Amerikaanse Ope-titel verdedig teen die Tsjeg Vit Kopriva. Die Italianer probeer om sy derde Grand Slam-titel vanjaar te buit. Die Spanjaard Carlos Alcaraz pak die Amerikaner Reilly Opelka en kan moontlik in die halfeindronde teen die Serwiër Novak Djokovic te staan kom. Djokovic se poging vir ʼn rekord 25ste Grand Slam-kroon begin teen die Amerikaner Learner Tien. Die Amerikaners Taylor Fritz en Emilio Nava spook sake uit en 2021 se kampioen, Daniil Medvedev van Rusland, en die Fransman Benjamin Bonzi speel teen mekaar.
Tennis: Alcaraz en Djokovic meet dalk kragte in Amerikaanse Ope se halfeindronde