Skip to content

Erik Menendez parool geweier dekades na moord op ouers

# ʼn Kaliforniese paroolraad het parool geweier aan Erik Menendez wat al byna 30 jaar agter tralies is. Hy en sy broer, Lyle, is in 1989 skuldig bevind aan moord op hulle ouers in Beverly Hills. Hulle was op daardie stadium 18 en 21. Die raad sê Erik Menendez is gegewe sy misdaadgeskiedenis as tiener en die wreedheid van die moorde, steeds ʼn gevaar vir die samelewing. Hy kan oor drie jaar weer aansoek doen vir parool. Sy broer se parool-verhoor vind vandag plaas.