# Amerika se Departement van Buitelandse Sake hersien meer as 55-miljoen buitelanders met wettige Amerikaanse visums vir oortredings wat kan lei tot moontlike herroeping of uitsetting. Dit volg nadat die administrasie vroeër die week aangekondig het hy kyk uit vir teen-Amerikaanse sienings, insluitend dié op sosiale media, wanneer hulle aansoeke vir Amerikaanse burgerskap of ander immigrasievoordele oorweeg. Die departement sê hy soek tekens van ongewensdheid, insluitend oorskryding van visums, misdadige aktiwiteite, bedreiging van openbare veiligheid, betrokkenheid by enige terrorisme of ondersteuning aan terroriste-organisasies.
Trump-administrasie hersien meer as 55-miljoen houers van Amerikaanse visums vir moontlike oortredings