# Rusland se minister van Buitelandse Sake, Sergei Lavrov, sê enige veiligheidswaarborge vir Oekraïne sal Moskou en sy grootste bondgenoot, China, asook die VSA, Brittanje en Frankryk moet insluit. Ná die onlangse Trump-Putin-beraad in Alaska, het Amerikaanse amptenare gesê die Russiese president het die vooruitsig van Westerse veiligheidswaarborge vir Oekraïne aanvaar. Frankryk, Brittanje en Estland het aangedui dat hulle troepe na ‘n na-oorlogse Oekraïne kan stuur. Lavrov sê pogings om kwessies van kollektiewe veiligheid sonder Rusland op te los, sal nie werk nie.
Minister van Buitelandse Sake sê Rusland moet betrokke wees by enige veiligheidswaarborge vir Oekraïne