# Die Vereniging van Streeklanddroste van Suider-Afrika eis ‘n salarisverhoging van 34-persent soos aanbeveel deur die Onafhanklike Vergoedingskommissie. Die Gautengse Hooggeregshof het die vereniging se dringende aansoek van die rol geskrap ná die Presidensie se laat indiening van hofstukke, wat spanning verhoog het. Die vereniging voer aan dat landdroste, wat maandeliks tussen 45-duisend- en 55-duisend-rand verdien, onderbetaal word in vergelyking met Parlementslede en burgemeesters.
Vereniging van Streeklanddroste gereed vir hofsaak oor landdroste se salarisverhoging