Skip to content

Chiloane prys polisie vir arrestasie van ontwrigtende leerders by Tsakane Secondary School [KLANK]

# Die Gautengse LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, het die polisie geprys vir die inhegtenisneming van vyf leerders en ‘n ouer wat betrokke was by ontwrigtings by die Tsakane Secondary School op die Oos-Rand. Dit volg ná voorvalle wat boeliegedrag, intimidasie, opsetlike skade en dreigemente met messe insluit. Chiloane veroordeel die geweld en beklemtoon skole moet veilige leerruimtes bly. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê polisie-optrede dien as ‘n afskrikmiddel, terwyl psigomaatskaplike ondersteuning die leerders en opvoeders sal help:

ENG-MabonaOnLearners