# Die DA is verontwaardig oor die toestande by Weskus-kollege se kampus in Vredendal wat tydens ‘n verrassings-toesigbesoek ontdek is. Die DA-lid, Matlhodi Maseko, sê meer as 400 studente, onder andere baie wat deur NSFAS befonds word, is in oorvol koshuise en selfs skeepshouers ingeprop. Maseko sê daar is slegs twee koue waterstorte vir 20 mense, stukkende toestelle, geen wasgoedgeriewe en geen Wi-Fi nie. Sy sê Parlementêre vrae sal ingedien word waarin die party sal aandring dat studente veilige, waardige behuising verdien.
DA kritiseer lewensomstandighede van studente by Weskus-kollege