# Iran het ‘n veroordeelde moordenaar in die openbaar en op die toneel van sy misdaad gehang. Die meeste teregstellings in Iran word in tronke uitgevoer. Openbare teregstellings word gewoonlik teruggehou vir oortredings wat besondere openbare verontwaardiging veroorsaak het. Die veroordeelde man is skuldig bevind aan die moord op ‘n paartjie en ‘n jong vrou wat hy laat verlede jaar in die stad Kordkuy met ‘n jaggeweer geskiet het. ‘n Man in die suidelike provinsie Fars is Dinsdag ook in die openbaar gehang nadat hy skuldig bevind is aan die moord op ‘n ma en haar drie kinders tydens ‘n rooftog.
Iran hang veroordeelde moordenaar op toneel van misdaad