Skip to content

Oggendkoerant-verslag

Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 21 Augustus 2025:

NASIONAAL:

# Business Day:

Berig die regspanne van wêreldbanke probeer die Konstitusionele Hof se regters oortuig dat die Mededingingskommissie verbied moet word om hulle te vervolg oor ‘n dekade-oue rand-manipulasie-sage.

# En die Netwerk24-webblad:

Berig president Cyril Ramaphosa is in Japan om die handels- en beleggingsbande met die land te versterk. Hy is tot Vrydag by ‘n konferensie oor Afrika-ontwikkeling.

En tweedens skryf die webblad kort nadat die Springbokke hul oefening gister in Belhar afgesluit het, het die teenbende-eenheid in die omgewing beslag gelê op vuurwapens van bendes.

GAUTENG:

# The Star:

Skryf ‘n senior polisiebrigadier wat daarvan beskuldig word dat sy ‘n bedrog- en korrupsieskema van miljoene rande bedryf, sê sy is onskuldig. Bronne in die polisie bevraagteken ook die klagtes teen Stephinah Mahlangu en haar arrestasie.

En tweedens word berig die leier van die African Transformation Movement, Vuyo Zungula, het ‘n beroep gedoen op die raad van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika om aanspreeklikheid te aanvaar te midde van voortdurende ondersoeke na twyfelagtige tenders en wanbestuur.

# Sowetan:

Berig vakbonde het die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi se opmerking, dat georganiseerde arbeid verantwoordelik is vir werkloosheid, skerp gekritiseer. Hulle sê dis die gevolg van apartheid.

# En The Citizen:

Skryf die DA sê die jongste Seta-aanstellings is ook ANC-kaders met moontlik twyfelagtige agtergronde.

WES-KAAP:

# Die Burger:

Berig die DA en Outa is omgekrap omdat die administrateurs van die Seta’s wat nou aangestel is weer eens kaders is.

Tweedens skyf die koerant minder as ‘n kwart van die ontvangers van Sassa-toelaes in die Wes-Kaap se toelaes is hersien.

En laastens is daar nuus oor ‘n vrou wat 10-miljoien-rand se Lotto-geld gewen het.

OOS-KAAP:

# Daily Despatch in Oos-Londen:

Berig daar is verligting vir die vloedslagoffers wat tydelike huisvesting op ‘n treinspoor moes vind.

En tweedens skryf die koerant oor die rou van ‘n ouma wat eers haar kind en toe haar kleinkind aan die dood moes afstaan.

KWAZULU-NATAL:

# The Witness in Pietermaritzburg:

Skryf daar is gestorte mediese afval in Pietermaritzburg ontdek.

En berig die Msunduzi-metro gaan ernstige waterprobleme tegemoet.

En ten slotte uit NAMIBIË:

# Republikein in Windhoek:

Berig finansiële druk op mans wat steeds as die primêre verskaffers gesien word, is een van die grootste dryfvere onder selfdood by mans in Namibië.

En tweedens skryf die koerant die voormalige eerste minister Nahas Angula het daarop aangedring dat die ministerie van Verdediging en Veteranesake onder onafhanklike toesig moet wees om die miljarde rand van belastingbetalers te beskerm.