Skip to content

Parlement se Ekonomiese Ontwikkelingskomitee verwelkom die ontbinding van die SA Toerisme-raad

# Die Parlement se gekose komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling en Handel het die besluit van die minister van Toerisme, Patricia de Lille, verwelkom om die SA Toerismeraad onmiddellik te ontbind. Volgens die minister het die raad sy magte oorskry deur ‘n raadslid aan te stel om sommige van die funksies van die vorige voorsitter, professor Gregory Davids, wat in Julie bedank het, uit te voer. Sy het dit as onwettig beskryf. Die komiteevoorsitter, Sonja Boshoff, sê dat wanneer sulke besluite geneem word, moet dit altyd gemik wees op die verbetering van bestuur binne regeringsinstellings.