Skip to content

Kommer oor Merafong-munisipaliteit se verslegtende finansiële posisie

# Die Gautengse Wetgewer se portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake is bekommerd oor die Merafong-munisipaliteit se verslegtende finansiële en regeringsposisie. Die munisipaliteit skuld Rand Water alleen 1,4-miljard-rand. Dit het vroeër vandeesmaand aan die lig gekom dat die munisipaliteit vier-miljoen-rand vermors het op ‘n konsep-organisasiestruktuur wat nie voldoen aan die Munisipale Personeelregulasies nie. Die voorsitter van die komitee, Mzi Khumalo, sê met die regte ingrypings en die volle verbintenis van alle regeringsfere, het die munisipaliteit die potensiaal om te herstel en openbare vertroue te herbou.