# Krieket: Die Proteas kan môre in Mackay die eendagreeks teen Australië beklink na Dinsdag se oortuigende oorwinning in die eerste kragmeting in Cairns. Aiden Markram, kaptein Temba Bavuma en Matthew Breetzke se vyftigtalle het Suid-Afrika tot ‘n reusetelling van 296 vir agt geneem, waarna die draaibouler Keshav Maharaj die eerste keer in die eendag-internasionale spel vyf paaltjies platgetrek het. Die gashere is vir 198 uitgeboul. Die Proteas se toer eindig Sondag met die laaste wedstryd ook in Mackay, nadat Australië die T20-reeks 2-1 gewen het.
Krieket: Proteas kan môre die eendagreeks teen Australië in Mackay beklink