# Die DA in Gauteng is bekommerd omdat inentings vir kinders onder een-jaar tot 78,8-persent gedaal het, af van 81,2-persent verlede jaar. Die tweede dosis van die masels inenting het ook tot op 76,2-persent gedaal. Die Gautengse Gesondheidsdepartement skryf die afname toe aan afsprake wat nie nagekom is nie. Die DA-lid, Jack Bloom sê met 181 bevestigde gevalle van masels hierdie jaar, versoek hy sterker uitreikaksies, mobiele klinieke en skoolveldtogte om die immuniseringsgaping te sluit en uitbrekings te voorkom:
DA bekommerd oor afname in Gautengse kinderinentingsyfers [KLANK]
ENG-BloomOnVaccination