# Rugby: Die Springboksenter Damian de Allende glo hulle sal hulle foute kan regmaak wanneer hulle weer teen die Wallabies te staan kom in Saterdag se Rugbykampioenskapswedstryd in Kaapstad. Die Bokke het verlede week op Ellispark uitstekend weggespring en 22-voorgeloop, maar uiteindelik 22-38 verloor. De Allende, wat die ramp van die kantlyn af besigtig het, is hierdie naweek in die opdrafspan. Hy sê hulle het hierdie week ‘n aantal lang vergaderings gehou en weet presies wat moet verander om weer op die wenpad te kom.
Rugby: De Allende glo die Bokke sal hulle foute van Ellispark kan regmaak