# ActionSA sê die Stad Tshwane het beduidende vordering gemaak met die herstel van straatligte, met 91-duisend-581 wat in die afgelope jaar herstel is. Die party sê die meeste herstelwerk is sedert Oktober verlede jaar uitgevoer, toe die burgemeester Nasiphi Moya en haar koalisievennote beheer oorgeneem het. Die ‘Tshwane-opsporingsportaal’ is ook bekendgestel om deursigtigheid te verbeter, maar daar is steeds groot agterstande met dienslewering. Michael Beaumont van ActionSA sê die herstelwerk verbeter veiligheid vir inwoners en dui op beter munisipale bestuur.
ActionSA vier herstel van meer as 91 000 straatligte in Tshwane