# Die Durbanse Universiteit vir Tegnologie sê die polisie het ‘n ondersoek van stapel gestuur na gister se dood van ‘n student op die Steve Biko-kampus. Die student het glo uit ‘n gebou geval. Dit is onduidelik wat tot die voorval gelei het en of daar enige gemene spel was. Woordvoerder Alan Khan sê hulle is geskok en hartseer oor die tragiese dood van die student. Hy voeg by hulle het beradingsondersteuning aan studente en personeel verskaf.
Ondersoek gedoen na dood van DUT-student wat uit kampusgebou val