# Die Kleinfontein-informele nedersetting beskuldig die Stad Tshwane dat hy probeer om die Afrikanergemeenskap te verwyder. Kleinfontein is een van ongeveer 17 onwettige ontwikkelings in die metro en bestaan uit ongeveer 650 wooneenhede. Die metro het ‘n dringende aansoek in die Hooggeregshof in Pretoria ingedien waarin hy probeer om enige vorm van bouwerk, ontwikkeling, advertensies, toekenning of verkoop van aandele of erwe in die nedersetting te stop. Kleinfontein se uitvoerende hoof, Stefan Wiese, sê hulle is teleurgesteld oor die metro se besluit om die howe te nader.
Stad Tshwane gekritiseer oor hofsaak teen Kleinfontein-informele nedersetting