# ActionSA in Gauteng gaan vandag ‘n strafregtelike klag indien teen die provinsiale regering, Emfuleni- munisipaliteit en kontrakteurs lê oor die verlate Boipatong Ouetehuis. Daar is reeds 28,35-miljoen-rand aan die projek bestee, maar die terrein bly onvoltooi en verlate met bouwerk wat lank reeds gestaak is. Die projek wat die munisipaliteit in 2015 begin het, het gely onder mislukking van kontrakteurs, administratiewe onbevoegdheid en onrus in die gemeenskap. ActionSA sê die mislukking van die projek is nog ‘n herinnering aan die voortslepende verval van bestuur onder die ANC-leierskap in die Emfuleni-munisipaliteit.
ActionSA gaan strafregtelike klag indien oor verlate R29-miljoen Boipatong Ouetehuis