# Die DA in Gauteng doen ‘n beroep op die LUR vir Paaie en Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, om saam met die Departement van Gemeenskapsveiligheid en die polisie te werk om wetteloosheid in die taxibedryf te bekamp. ‘n E-taxibestuurder is verlede week in sy motor by die Maponya Mall in Soweto geskiet en verbrand, terwyl twee ander beserings opgedoen het. Nicole Van Dyk van die DA sê behoorlike regulasies moet ook ingestel word om die veiligheid van inwoners wat openbare en privaat vervoer gebruik, te verseker:
DA in Gauteng doen beroep op LUR vir Vervoer om wetteloosheid in die taxibedryf aan bande te lê [KLANK]
ENG VanDykOnSafety