# Tennis: Die topgekeurde Jessica Pegula en Jack Draper is deur na die halfeindronde van die Amerikaanse Ope se hersaamgestelde gemengde dubbelspel-kampioenskap. Die Amerikaans-Britse paar het twee oorwinnings behaal, insluitend oor Emma Raducanu en Carlos Alcaraz. Hulle kom nou teen die derde-gekeurde Casper Ruud en Iga Swiatek te staan. Die huidige kampioene, Sara Errani en Andrea Vavassori, is ook deur die halfeindronde. Die Amerikaners Danielle Collins en Christian Harrison, wat geloot is na die onttrekking van Katerina Siniakovia en Jannik Sinner, is ook deur na die voorlaaste ronde.
Tennis: Pegula-Draper en Ruud-Swiatek deur na halfeindronde van Amerikaanse Ope se gemengde dubbelspel