# My Vote Counts waarsku president Cyril Ramaphosa se onlangse veranderings aan die Wet op Politieke Befondsing vererger die geheimhouding en verminder aanspreeklikheid in politieke skenkings. Ramaphosa het die jaarlikse skenkingsperk verdubbel tot op 30-miljoen-rand en die openbaarmakingsdrempel tot 200-duisend-rand verhoog. Joel Bregman van die groep voer aan dit sal die invloed deur welgestelde skenkers verhoog en politieke partye meer vatbaar laat vir korrupsie.
My Vote Counts sê Ramaphosa se politieke befondsingsverandering vererger geheimhouding