# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, het onttrek aan die gemengde dubbelspel van die Amerikaanse Ope. Dit is verwag, nadat hy weens griep handdoek ingegooi het in die eindstryd van die Cincinnati Ope, en daarmee die titel aan die Spanjaard Carlos Alcaraz besorg het. Sinner sê hy gaan nou daarop fokus om gesond te word met die hoop om fiks te wees wanneer hy volgende week in New York sy enkelspel-titel begin verdedig.
Tennis: Sinner onttrek aan gemengde dubbels van Amerikaanse Ope