Skip to content

OUTA vra minister de Lille om sonder versuim nuwe SA Toerisme-hoof aan te stel

# Die Organisasie teen Belastingmisbruik doen ‘n beroep op die minister van Toerisme, Patricia de Lille, om die Suid-Afrikaanse Toerismeraad te ondersteun na die skorsing van die uitvoerende hoof, Nombulelo Guliwe. Die volg nadat forensiese verslae en verslae deur die ouditeur-generaal bestuursoortredings gevind het met  ‘n vier-miljoen-rand betaling aan ‘n diensverskaffer  vir die mislukte Dubai-ekspo tydens die Covid-19 pandemie. Die uitvoerende hoof van OUTA, Wayne Duvenage moedig De Lille aan om dringend ‘n nuwe voorsitter aan te stel om aanspreeklikheid te verseker en die belastingbetaler se geld te beskerm.