# Switserland sal die Russiese president, Vladimir Putin, immuniteit toestaan as hy aan vredesonderhandelings oor Oekraïne wil deelneem, ondanks die Internasionale Strafhof se lasbrief vir sy inhegtenisneming. Die minister van Buitelandse Sake, Ignazio Cassis, sê Putin sal wel toegelaat word. Die Franse president, Emmanuel Macron, het verwys na ‘n moontlike vredesberaad tussen Putin en sy Oekraïnse ampsgenoot, Volodimir Zelensky, wat in ‘n neutrale land soos Switserland gehou kan word. Cassis sê Switserland is ten volle voorbereid vir so ‘n geleentheid weens sy jarelange militêr-neutrale kundigheid op die gebied.
Switserland sal Putin immuniteit gee as hy in Switserland aan Oekraïne-vredesberaad deelneem