# ActionSA sê die Departement van Gesondheid mislei Suid-Afrikaners met radio-advertensies wat beweer damprook is net so skadelik soos rook. Die party voer aan dit is vals propaganda en ondermyn die Parlement terwyl die Tabakwetsontwerp onder hersiening is. Matthew George van ActionSA sê die party het ‘n klagte by die Regulerende Owerheid vir Advertensies ingedien om die advertensies terug te trek en die departement by die Nasionale Vergadering aangegee vir minagting.
ActionSA beskuldig Departement van Gesondheid van misleiding oor damprook