Skip to content

ANC gaan tugstappe doen teen Mchunu en Gigaba

# Die ANC sê hy gaan tugstappe doen teen sy senior lede, Malusi Gigaba en Senzo Mchunu, ná hul onlangse opmerkings. Gigaba het in ʼn onderhoud wat in die Sunday Times verskyn het, gesê die party se nasionale uitvoerende komitee het nie sy doelwitte bereik nie. Die geskorste minister van Polisie, Mchunu, het die naweek in KwaZulu-Natal gesê die ANC is op die rand van ineenstorting. Die party sê Gigaba en Mchunu se optrede is ʼn blatante skending van die ANC se interne kommunikasieprotokolle en ondermyn die beweging se basiese dissipline.