# Hamas het volgens berigte bemiddelaars in kennis gestel dat hulle die jongste skietstilstandvoorstel in Gaza goedkeur. Egipte, Katar en die VSA tree sedert die begin van die oorlog in Gaza as bemiddelaars op tussen Israel en Hamas. Altesaam 62-duisend Palestyne het reeds omgekom. Volgens berigte sal die ooreenkoms ‘n opskorting van militêre operasies vir 60 dae insluit, en Hamas se vrylating in twee fases van ongeveer die helfte van die 50 oorblywende Israelse gyselaars, waarvan 20 glo nog leef. Gedurende hierdie tyd sal daar onderhandelinge oor ‘n permanente skietstilstand wees.
Hamas het na bewering ingestem tot die jongste skietstilstandvoorstel in Gaza.