Skip to content

Rugby: Wallabies verwag ‘n reuse-aanslag deur die Bokke na die vernedering van Ellispark

# Rugby: Australië verwag ‘n reuse-aanslag van Suid-Afrika in Saterdag se Rugbykampioenskapstoets in Kaapstad nadat hulle die Springbokke in Johannesburg verneder het. Die tuisspan het ‘n voorsprong van 22-nul verkwis en uiteindelik 38-22 verloor – die eerste oorwinning vir die Wallabies op Ellispark sedert 1963. Die Australiese slot Will Skelton sê die Bokke sal probeer om hulle tromp-op te loop en hulle moet gereed wees. Hy het ook gesê die oorwinning in die laaste toets teen die Britse en Ierse Leeus het hulle broodnodige selfvertroue gegee.