# Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, sê Rusland moenie vir aanvalle beloon word nie. Dit volg nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, Oekraïne gedruk het om toegewings te maak in ruil vir vrede. Zelensky is tans in Washington vir gesprekke met Trump, waaraan Europese leiers ook sal deelneem. Dit volg ná Vrydag se beraad tussen Trump en die Russiese president Vladimir Putin in Alaska. Trump, wat ná sy vergadering met Putin sy aandrang op ‘n wapenstilstand laat vaar ten gunste van ‘n finale vredesooreenkoms, sê Zelensky kan die oorlog byna onmiddellik beëindig indien hy sou wou.
Zelensky sê Rusland moenie beloon word vir aanval in Oekraïne nie