# Rugby: Nog ‘n groot terugslag het die Springbokke getref na die vernederende nederlaag teen die Wallabies, met die nuus dat kaptein Siya Kolisi en drie ander sleutelspelers nie in Saterdag se Rugbykampioenskaps-toets teen Australië in Kaapstad sal kan speel nie. Kolisi se kniebesering kan hom ‘n maand buite aksie hou en daar is twyfel of hy reg sal wees vir die twee wedstryde teen die All Blacks in Nieu-Seeland. Pieter-Steph du Toit het harsingskudding opgedoen, terwyl die vleuels Kurt-Lee Arendse en Edwill van der Merwe ook beseer is.
Rugby: Kolisi, nog drie sleutelspelers beseer na Ellispark-ramp