Skip to content

Korrupsiesaak teen Mapisa-Nqakula uitgestel tot November [KLANK]

# Die Hooggeregshof in Pretoria het die korrupsiesaak teen voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula tot 21 November uitgestel om haar prokureur tyd te gee om die dossier wat deur die staat voorsien is, te bestudeer. Sy staan tereg op 12 aanklagte van korrupsie en geldwassery, insluitende dat sy ‘n beweerde bedrag van 4.5-miljoen-rand, waarvan 2,1-miljoen in kontant was, ontvang het. Die woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat teen korrupsie, Henry Mamothame, sê haar regspan sal vertoë by die nasionale direkteur van Openbare Vervolging indien:

ENG-MamothameOnMapisa-Nqakula