# Tennis: Die wêreld-nommer-drie, Iga Swiatek van Pole, kom teen die Italianer, Jasmine Paolini, te staan in die Cincinnati Ope se eindstryd. Swiatek, die heersende Wimbledon-kampioen, het Elena Rybakina van Kazakstan maklik geklop terwyl Paolini met die Rus, Veronika Kudermetova, afgereken het. Swiatek het al vyf haar vorige wedstryde teen Paolini gewen, insluitend verlede jaar se Franse Ope. In die mansafdeling kom die wêreld se twee beste spelers teen mekaar te staan: die verdedigende kampioen, Jannik Sinner van Italië, teen die Spanjaard Carlos Alcaraz.
Tennis: Swiatek en Paolini pak mekaar in eindstryd van Cincinnati Ope