Skip to content

Meer as 300 verdagtes in Tshwane aangekeer tydens Operasie Shanela [KLANK]

# Die polisie in Tshwane het die naweek 319 verdagtes aangekeer vir verskillende misdade tydens Operasie Shanela in Atteridgeville. Die optrede is deel van die polisie se beleid van geen verdraagsaamheid teen misdaad. Vyf-en-sestig verdagtes word verdink van geslagsgeweld, drie van moord, ses van gewapende roof, een van myneed, drie van die besit van onwettige vuurwapens en ses van verkragting. Polisie-woordvoerder Johan van Dyk sê 34 ongedokumenteerde buitelanders word ook aangehou.

AFR JohanonShanela