# Die Vryheidsfront Plus het die Departement van Binnelandse Sake se uitbreiding van sy digitale bankvennootskappe verwelkom. Bykomende finansiële instellings sal nou help om identiteitsdokumente en paspoorte uit te reik. Sowat 840 takke van Capitec, FNB, Absa, Discovery en Standard Bank is by hierdie projek betrokke. ʼn VF Plus-woordvoerder, Philip van Staden, sê hierdie inisiatief sal nie net die druk op Binnelandse Sake se kantore verlig nie, maar ook seker maak mense hoef nie meer ure lank by oorvol kantore in toue te staan en wag om gehelp te word nie.
VF Plus verwelkom Binnelandse Sake se samewerking met privaat sektor om ID’s en paspoorte uit te reik