# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het bepaal dat die Matjhabeng-munisipaliteit in die Vrystaat nie in 2023/2024 en 2024/2025 fondse van die Uitgebreide-openbarewerkeprogram verkwis het nie. Dit volg ná ʼn ondersoek na bewerings dat die program in die munisipaliteit gebruik is om salarisse van gewese raadslede en sittende politieke amptenare te verhoog. Die minister het befondsing vir die program se projekte gevries nadat die bewerings aan die lig gekom het. Macpherson sê die ondersoek het bevestig alle geïntegreerde toelaes is op goedgekeurde projekte bestee.
Minister Macpherson onthef Matjhabeng-munisipaliteit van blaam oor beweerde wanaanwending van fondse