# Die organiseringskomitee van die konvensie sê die eerste nasionale konvensie van die nasionale dialoog was burgergedrewe, gefokus, met kragtige betrokkenheid. Meer as duisend afgevaardigdes van meer as 200 organisasies het die tweedaagse konvensie bygewoon wat Vrydag en Saterdag by die Universiteit van Suid-Afrika in Tshwane gehou is. Sleuteltemas vir bespreking het die ekonomie, werkgeleenthede, misdaad en korrupsie, onderwys, gesondheid, en geslagsgeweld en vrouemoord ingesluit. Die organiseringskomitee sê daar sal ‘n ses tot nege maande lange dialoog van nasionale betrokkenheid wees, met ‘n mandaat om op radikale verandering te fokus.
Konvensie-organiseringskomitee sê die tafel is gedek vir betekenisvolle nasionale betrokkenheid