# Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky sê Rusland bemoeilik pogings om die oorlog te beëindig deur oproepe vir ‘n skietstilstand te verwerp. Dit volg nadat presidente Trump en Putin nie daarin kon slaag om ‘n ooreenkoms tydens Vrydag se gesprek in Alaska te bereik nie. Die Russiese leier het die vergadering egter as baie nuttig beskryf. In ‘n plasing op X het Zelensky gesê Rusland het ondanks talle oproepe vir ‘n skietstilstand, nog nie bepaal wanneer die geweld sal staak nie. Hy het Putin beskuldig dat hy nie die wil het om die aanvalle te stop nie.