Skip to content

Rugby: SA Onder-18’s klop Engeland met ‘n kragtoer in die tweede helfte

# Rugby: Die SA Onder-18’s het Engeland gister met 69-24 verslaan in hul laaste wedstryd van die O.18 Internasionale Reeks by Paarl Gimnasium om hul derde agtereenvolgende oorwinning te behaal en die reeks onoorwonne af te sluit. Die jongmanne het vinnig ‘n voorsprong van 21-3 opgebou voordat hulle ‘n strafdoel bygevoeg het, maar toe twee drieë aan die Engelse afgestaan om die eerste helfte met 24-17 af te sluit. Maar die SA O.18’s het in die tweede helfte die wedstryd oorheers en nog sewe drieë bygevoeg, waarvan kaptein Markus Muller twee gedruk het.