Skip to content

Voormalige Australiese kaptein en afrigter Bob Simpson is oorlede

# Krieket: Die voormalige Australiese toetskaptein en afrigter, Bob Simpson, is op 89 oorlede. Hy word beskou as een van die invloedrykste figure in die geskiedenis van Australiese krieket. Simpson het tussen 1957 en 1978 in 62 toetswedstryde gespeel en 71 paaltjies geneem. Hy het in 1968 afgetree na ‘n loopbaan van 11 jaar, maar het in 1978 op 41-jarige ouderdom as toetskaptein teruggekeer. Die voorsitter van Krieket Australië, Mike Baird, sê dit is ‘n hartseer dag vir enigiemand wat gelukkig was om Simpson te sien speel of wat by sy wysheid baat gevind het.