# Gemengde gevegskuns: Die Suid-Afrikaanse UFC-middelgewig-wêreldkampioen, Dricus du Plessis, gaan waarskynlik voor sy grootste uitdaging te staan kom in môre se geveg teen die Rus Khamzat Chimaev in Chicago, Amerika. Dit sal “Stillknocks” se derde verdediging van sy titel wees na sy oorwinnings oor die Nigeries-gebore Nieu-Seelander Israel Adesanya en die Amerikaner Sean Strickland. Die Suid-Afrikaner het 23 beroepsgevegte gewen en twee verloor, en die Rus is onoorwonne na 14 beroepsgevegte. UFC 319 begin môreoggend vier-uur en die kragmeting tussen Du Plessis en Chimaev is die hoofgeveg.