# Rugby: Ellispark gaan na verwagting nie stampvol wees wanneer die Springbokke en die Wallabies mekaar vandag pak in die eerste ronde van die Rugbykampioenskap nie. ‘n Paar duisend kaartjies was laat gister nog beskikbaar vir die stadion met 62-duisend sitplekke, teen tussen een-duisend-en-50- en vier-duisend-rand. SA Rugby se uitvoerende hoof, Rian Oberholzer, is egter tevrede dat hulle die skare-teiken van 85-persent bereik het om die boeke te laat klop. Afskop is tien oor vyf vanmiddag, gevolg deur die wedstryd tussen Argentinië en Nieu-Seeland tien oor elf in Cordoba.